Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Drama en musiek vir oud en jonk in die Meul

Drama en musiek vir oud en jonk in die Meul
 
2008-01-24


SANGERES Lara Frances sal haar debuutalbum “High on Life” se verfrissende mengsel van Afrikaanse en Engelse pop en nu-folk liedjies sing by die Ou Meul-teater in die Paarl Saterdag om 20:00.

Dié student in bedryfsielkunde is “iets in die twintig en ten volle tweetalig” en dit is daarom dat haar album soomloos tussen Afrikaans en Engels beweeg.

Die bindende faktor is ’n jong vrou se ondervinding van die lewe en die liefde sonder om te soetsappig te raak.

Daar is ook ’n paar akoestiese liedjies waarop Lara self die kitaar nadertrek - ’n Liefde wat sy om kampvure op die strand aangeleer het à la Jack Johnson en Tristan Prettyman. Kaartjies is R40.

* Die oggend om 10:00 sal Jan en die Boontjierank die kinders vermaak in die Ou Meulteater.

Dié klassieke sprokie is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch. Soos in die sprokie verkoop Jan hul koei vir vyf wonderbone, tot ontsteltenis van sy ma wat gehoop het op ’n geldjie om hul deur die swaar wintermaande te dra. Ma gooi die bone weg wat onmiddellik groei tot ’n wonderboontjierank, wat die nuuskierige Jan natuurlik nie kan weerstaan nie.

Jan ontdek ’n ander wêreld op die ander punt van die boontjierank. ’n Wêreld met reuse, goud eierlêende eende en harpe wat self speel. Kaartjies is R30.

* Hulle naam, Willim Welsyn en die Sunrise Toffies, mag miskien te lank of obskuur of dalk te kinderlik klink, maar met hulle musiek is daar niks fout nie.

Etienne Nel sal jou wys waar Dawid die ritmewortel begrawe het Vrydag 1 Februarie om 20:00 by die Ou Meul-teater.

Gerhard The Chosen One Grobler sal jou flous met sy vinnige vetsnaar vingers terwyl Willim Welsyn jou bekoor met sy wilde lirieke en diepsnyende kitaarwerk.

Hierdie drie jongelinge se oopkop, onafhanklike-en avontuurlustige gesindheid teenoor hulle musiekloopbaan het hulle populêr gemaak by vele diverse gehore.

Hulle is bekend vir hulle ‘kopwegblaas’ vertonings en vir die groot sound wat hulle as ’n driestuk rockgroep kan opdis.

Kaartjies is R40.

Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564­0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za