Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Groot planne vir La Musique sangskool

Groot planne vir La Musique sangskool
 
2008-01-24


NA die skielike dood van Andrew Strauss in 2005 het Mimi Haasbroek die sangskool by La Musique School of Performing Arts vir die afgelope twee jaar bedryf.

Vanaf Januarie hierdie jaar is die skool amptelik in haar naam en beoog sy om die skool in ’n nuwe groeifase in te lei.

Studente sal private onderrig kry en elke kwartaal sal daar konserte gehou word sodat hulle vertroud raak met die verhoog en ’n gehoor.

La Musique School of Performing Arts, Bredastraat 130, bestaan al vir 22 jaar in die Paarl. Die skool is begin deur Andrew Strauss.

Die perseel is intussen verkoop, maar La Musique sal nog tot einde Maart met klasse op die perseel voortgaan totdat ’n nuwe perseel gevind is.

Studente het deur die jare wyd bekendheid verwerf. Talle goue, silwer en brons medaljes en ook algehele ouderdomskategoriewenners is by die World Championships of Performing Arts te Los Angeles, VSA, verwerf.

Daar was al heelwat semi-finaliste in al die kategorieë van die KWV Wynland sangkompetisie en talle algehele wenners deur die jare.

La Musique het ook al twee Burger Plussterre opgelewer. Op die operaverhoë was daar ook al van La Musique se studente. Verskeie van die studente het al nasionaal sowel as internasionaal werksaanbiedinge gekry.

Gedurende 2006 het La Musique Skool ’n toekenning van die Burgemeester van Drakenstein ontvang vir dienste gelewer aan die gemeenskap. La Musique is ook bekend vir die baie gewilde Global Spotlight Talentkompetisie wat weer in aanvang sal kom.

Voornemende studente, vanaf drie jaar tot 100 jaar, kan Mimi skakel by 082­585-0632.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za