Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vrou verloor duisende

Vrou verloor duisende
 
2008-01-24


NOG ’n plaaslike inwoner het ’n slagoffer geword van swendelaars wat toegang tot haar bankrekening gekry het deur die berugte ‘Sim-swop’ bedrogspul.

Maretha Dreijer se selfoon het verlede week ophou werk, en weens vorige beriggewing in die Paarl Post in verband met dié swendelary, het sy dadelik na haar selfoonverskaffer gegaan om dit te bevraagteken.

Hier is daar ontdek dat haar simkaart deur iemand in Johannesburg geblok is, en hulle het ’n nuwe kaart bekom.

“Ek het dadelik my bank geskakel om die rekening te vries, maar dit was egter te laat. R50 000 is uit my huisverband oorgeplaas na my lopende rekening en was skoonveld.”

Kort voor die nuwe jaar is Jim en Merle Antrobus op dieselfde wyse van R86 000 beroof.

Die swendelaars het Jim se identiteitsdokument vervals en sodoende ’n nuwe simkaart vir sy selfoon in Johannesburg bekom.

Wat hierna gebeur, is dat die verbruiker se selfoon sal ophou werk en hulle sal geen boodskappe ontvang van hul bank oor aktiwiteite op hul bankrekening nie. Die swendelaars is dan reeds in die besit van hul niksvermoedende slagoffer se bankbesonderhede en die rekening word gestroop.

Absa-bank het gesê dat dié soort be­drog tans dikwels plaasvind dwars­oor die land. Volgens hulle is die metodes wat internetbedrieërs gebruik hoogs gesofistikeerd en dit is uiters moeilik om vir hulle vas te trek.

Hulle waarsku dat as jou selfoon foutief raak, moet jy dadelik jou selfoonverskaffer kontak.

Ook, verbruikers moet nooit enige e-posse beantwoord wat vir jou bankbesonderhede vra nie, al lyk dit asof dit van jou bank afkomstig is.

Nog ’n gevaarsone is publieke rekenaars by onder andere internetkafees, besigheids- en posdienste, asook hotelle. Dié rekenaars is nie beveilig nie en is dikwels verpes met ‘spyware’ wat jou vertroulike inligting sal aanstuur na ’n derde party.

Hierdeur kan bedrieërs dan toegang tot jou bankrekening verkry en dit dan stroop van enige gelde. Dus moet geen persoonlike transaksies op dié rekenaars gedoen word nie.

* Another local resident has lost R50 000 due to the sim-swop bank scam.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za