Stap saam op Paarlberg
2005-06-15
DIE vyfde Paarlberg botaniese wandeling sal op Saterdag 25 Junie plaasvind van 08:00 tot 10:00.
Belangstellendes ontmoet by die hoofhek van die Paarlberg Natuurreservaat (draai van die Jan Phillipsbergpad af na die rotse en die damme noord van hoofpiekniekplek en parkeer voor die hoofhek).
Die unieke bedreigde fynbos en renosterveld wat in die granietgrond van Paarlberg groei, sal bekyk word.
Veral die renosterveld word in Wes-Kaapland bedreig omdat meer as 80% van die natuurlike habitat al vervang is met landbougronde.
Verskeie vetplantspesies, soos vygies, crassulas en ’n paar aalwyne groei ook op Paarlberg, asook verskeie boomspesies veral by die rotse.
Algemene boomspesies op Paarlberg sluit in die klipkershout, kliphout en wilde olyf.
Dit is uiters belangrik dat die plantegroei op Paarlberg bewaar word sodat hierdie unieke plantegroeimosaïek kan voortbestaan.
Vir meer inligting, kan u Gael Campbell-Young kontak by telelfoon 872-8672 of 084-793-2876.
More
News
|