Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Speel met vuur by kelder

Speel met vuur by kelder
 
2008-01-24


DIE Mooikelder herehuis se Musiek in die Voorhuis vir 2008 skop af Sondagmiddag om 17:00 met ’n heerlike, warmbloedige vertoning van Ladino (Sefardiese), Yiddish, Serwiese en Sigeuner-musiek.

Matthew Reid en Dragana Jevtovic, leiers van “Playing with Fire”, word bygestaan deur Reza Khota (kitaar) en Vela Mrdjen (tjello).

As lede van die Balkan Orkes “Playing with Fire” het hulle by al vier “Balkanology” konserte, Cultivaria en ook by die KKNK in 2007 opgetree.

Dragana is in Belgrado, Joegoslawië, gebore, waar sy ’n honneursgraad in musiek behaal het, en ’n internasionale sangloopbaan begin.

Sy verhuis in 1993 na Kaapstad waar sy by die Kaapstad Opera Koor aansluit.

Sy vestig nou haar aandag op musiek van die Balkan-streek en het ook intussen die saksefoon bemeester!

Matthew Reid is in Durban gebore en het sy B.Mus. graad (klarinet) by Kaapstad Universiteit behaal.

Daarna is hy onderrig in Londen, Wenen en Frankryk.

Matthew was die eerste om Peter Klatzow se Klarinetkonsert saam met die Kaapstadse Simfonie Orkes te speel.

In 2007 het hy twee solovertonings by die Grahamstadse Nasionale Kunstefees aangebied, maar lewer op gereelde basis klassieke voordragte.

Matthew is ook leier van die Simcha Klezmer band en ook Musikale Regisseur van die Yiddishe Song Festival wat jaarliks in die Baxter Teater gehou word.

Toegang is R50 (R30 vir pensionarisse en studente).

Kom gerus vroeër en bring ’n piekniek saam.

Daar sal ook ’n wynproe- en verkope wees.

Vir navrae en besprekings, skakel Adri by 021-869-8787 of 082-749-8936.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za