HELAAS word ek toe ook deel van die misdaadstatistiek. My Woolworths kredietkaart word onverklaarbaar gesteel uit my beursie en vir 地 volle week gebruik iemand dit vir aankope van drank en wegneemetes, sonder dat die eienaars of assistente die handtekening nagaan.
Van die strokies was geteken sommer deur die vermeende dief self, maar hy het sy aankope ontvang.
Ek gebruik die kaart min en het eers na twee weke agtergekom dat dit weg is.
Transaksies was gedoen by Paarl Bottle Store met 地 bedrag van R5255 vir drankaankope. Nou kan die eienaar nie eens 地 gesig koppel aan die enorme bedrag nie.
Ander verkope was by CJ Kelders (R1564) en dan ook McDonalds, Scooters Pizza, Steers (Wellington) en Max Supermark.
Ek het waardering vir Scooters Pizza wat my tegemoet gekom het ten opsigte van my verlies, deur gratis pizza vir dieselfde waarde van my verlies, aan my te gee.
Woolworths krediet-afュdeュling trek net hul skouers op en dring daarop aan ek moet die skuld betaal van meer as R7000.
Die bedrog is aangemeld by die polisie en dit blyk dat hulle met so baie gevalle van bedrog sit, dat die ondersoek nogal baie tyd neem.
Ek hoop net eendag kom daar verpligte verbeterde wyses waarop kredietkaarte geverifieer kan word.