* Paarl Streekrugby oefen Woensdae om 19:00 te Daljosafat. Die eerste vriendskaplike wedstryd is tuis teen SK Walmers. Afrigters van nege deelnemende klubs, asook die afrigters van Paarl Rugby streekspanne, vergader Saterdag om 10:00 aan huis van Pompies Williams te Sederlaan 9, New Orleans. Kontak Williams by 072-416-5048.
* Paarl Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:30 by Faure-stadion. Alle nuwe spelers is welkom. Die klub moedig o.20 spelers aan om te kom oefen. Proewe vind plaas op 14 en 21 Februarie. Kontak Frans Smit by 084-207-4444.
* Paarl Rangers Rugbyklub oefen Dinsdag op Daljosafat. Nickel van Reenen rig af. Rangers beplan vriendskaplike wedstryde teen Young Gardens, Evergreens en Hawston.
* Franschoek Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:30 te Groendal sportgronde.
* Evergreens RFC bied Saterdag ’n Sewesrugby- en familiedag op Evergreens Park. ’n Biertuin, snoepies en springkastele gaan sorg dat die hele gesin dit saam kan geniet. Kontak Jannie Japhta by 083-7415-254.
* Albions Rugbyklub hou Maandag 19:30 te Bethel Congregational Kerk ’n vergadering. Alle oud- en voornemende lede, asook spelers, is welkom. Oefeninge vind op Dinsdae, Woensdae en Donderdae om 18:00 plaas. Kontak 083-451-8967.
* Young Peoples RFC hou Saterdag om 20:00 ’n disko by Jeff’s Pub. Toegang is R10. Skakel Mark Paulse by 084-449-8786.
* Roses United Rugbyklub is reeds besig met voorseisoense gim en rugbyoefeninge. Hulle oefen Maandae tot Donderdae om 18:00 te Pelikaanpark op Wellington. Alle spelers word gevra om oefeninge by te woon. Kontak Abe Davids by 083-630-6277.
* Riverstones Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae op New Orleans se velde om 18:00. Die klub beplan tans ’n toer wat oor die Paasnaweek sal geskied.
* Young Standards Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae om 18:00 by Ebenezer Primêr. Skakel Marius van Zitters by 083953-0510.