Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Willim Welsyn en die Sunrise Toffies

Willim Welsyn en die Sunrise Toffies
 
2008-01-31


HULLE naam, Willim Welsyn en die Sunrise Toffies, mag miskien te lank of obskuur of dalk te kinderlik klink, maar met hulle musiek is daar niks fout nie.

Hierdie drie jongeling, Etiene Nel, Gerhard Grobler en Willim Welsyn, tree môre om 20:00 op in die Ou Meul-teater.

Etienne Nel sal jou wys waar Dawid die ritmewortel begrawe het, Gerhard The Chosen One Grobler sal jou flous met sy vinnige vetsnaarvingers terwyl Willim Welsyn jou bekoor met sy wilde lirieke en diepsnyende kitaarwerk.

Hierdie drie jongelinge se oopkop-, onafhanklike en avontuurlustige gesindheid teenoor hulle musiekloopbaan het hulle gewild gemaak by vele diverse gehore.

Hulle is bekend vir hulle ‘kopwegblaas’ vertonings en vir die groot sound wat hulle as ’n driestuk-rockgroep kan opdis.

Kaartjies is R40 by Vicky Stemmet by 083­564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za