Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek in Dorpstraat Teater

Musiek in Dorpstraat Teater
 
2008-01-31


BY die Dorpstraat Teater op Stellenbosch is daar hope vermaak vir musiekliefhebbers.

* Vanaand is die baie gewilde Bed on Bricks hier.

Hierdie moet een van jou week se hoogtepunte wees! Dis local en dis o so lekker!

* Môre sing die beeldskone Anna Davel gaste weer tot stilte met haar passie en fluweelstem. Jou Vrydag-aande sal nooit weer dieselfde wees nie!

* Saterdag is Dorpstraat weereens bevoorreg om ’n kunstenaar, enig in sy soort in Suid-Afri­ka, by Dorpstraat te hê. Dave Gerguson was in Desember ook hier, maar die aanvraag was so groot, dat hy terug is.

Hy is die koelste, mees talentvolle harmonikaspeler in ons land.

Met sy “beat box” aan sy voete gaan hy vir seker jou mond laat oophang en sy musiek gaan jou tone laat krul van lekkerte. Kaartjies is R50.

* Dinsdag 5 Februarie bied die teater weer Klets, Klawers en Kitaar. Hierdie slag met PG du Plessis, Ollie Viljoen en Valiant Swart.

Hulle gaan jou laat lag, beslis ook soms ’n knop in die keel gee en vermaak met musiek uit die hart. Kaartjies is R120.

* Woensdag, 6 Februarie word die dak gelig met Willim Welsyn en die Sunrise Toffies.

Beslis nie vir die sissies onder ons nie. Heerlike, harde ruk-en­rolmetaal. Kaartjies is R50.

Vir bespreking vir al hierdie optredes, skakel Vicy Stemmet by 021-886-6107.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za