Ontwikkeling van Kleinplaas
2008-01-31
EK verwys na die besware van AH van der Leek (Paarl Post 24 Januarie) oor die ontwikkeling van my eiendom Kleinplaas in Bosmanstraat, Paarl. Die gedeelte van die eiendom waarvoor daar aansoek gedoen word vir ontwikkeling is ’n stukkie oorgroeide wingerd wat 45 jaar gelede deur die vorige eienaar aangeplant is as ’n stokperdjie en ná sy dood meer as tien jaar gelede, verval het. Die grond ter sprake is slegs twee erfbreedtes breed en geleë tussen AH van der Leek se eiendom en my huis. Dit vorm geensins deel van die natuurlike omgewing of reservaat nie. Ontwikkeling sal slegs opvulling van onbenutte grond in ’n woonbuurt behels. Sewe wonings sal sensitief ten opsigte van argitektuur en visuele impak geplaas word in ’n sekuriteitsarea. Die eienaars nooi die publiek om na die beplande ontwikkeling en grond te kom kyk en hulle van die feite en omstandighede te vergewis. Afsprake kan gereël word deur Narine te skakel op 082-458-8284. Dr Pieter Troost
More
News
|