Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl versterk posisie

Paarl versterk posisie
 
2008-01-31


PAARL se eerste krieketspan het Saterdag vir ’n derde keer dié seisoen ’n oorwinning behaal oor Young Peoples.

Paarl (212/8) het Young Peoples (157/10) met 55 lopies op die Parys-velde geklop.

Die tuisspan het besluit om eerste te kolf. Elreigh Jansen (61, 8x4 en 1x6), Alfredo Adams (27, 1x4 en 2x6), Lynal Jansen (26, 1x4 en 1x6) en Kurt Martin (31, 3x4 en 2x6) het die beste met die kolf vertoon vir Paarl.

Vir die besoekers het Lorenzo Jacobs (2/28), Edwin Jacobs (2/36) en Imraan Nackerdien (2/35) die paaltjies laat kantel.

Peoples het met sy kolfbeurt teen sewe lopies per boulbeurt gekolf en was op ’n tyd goed op dreef met 58/0 na net agt boulbeurte.

Vir Paarl het Ultalyn Ernstzen egter die lopievloei gestuit deur drie vinnige paaltjies te laat kantel en die besoekers te laat steier op 74/3.

Met die telling op 97/3 in die 16de boulbeurt het vier verdere paaltjies in die volgende tien boulbeurte geval, met slegs 17 lopies wat bygekom het.

Ernstzen (3/25) en Robin Andrews (2/28) was Paarl se beste boulers. Adams (1/17 in 9 beurte) het ook ekonomies geboul.

Peoples se Adiel Cassiem (56, 7x4 en 1x6) en Lorenzo Jacobs (23, 2x4) het goed gekolf.

Paarl II lyk steeds onkeerbaar in die kompetisie nadat hy sy onoorwonne status behou het, deur Young Peoples II met 7 paaltjies te klop op Dal Josafat.

Op die Parys-velde het Paarl IV (265/5) vir Wellington III (87/10) geklop.

* Saterdag speel Paarl I teen Malmesbury I (Parys); Paarl II teen Malmesbury II (Malmesbury) en Paarl IV teen Franschhoek (Parys).

Sondag speel Paarl III teen Van der Stel III op Stellenbosch.

* Peoples I speel Saterdag tuis teen Vredenburg/Saldanha. Die Tiere se tweedes reis na Vredenburg, terwyl die derde span weg speel teen Hawston.

* Ná die wedstryd op Saterdag 9 Februarie (om 17:00), bied Paarl krieketklub steak en slaai teen R35 per bord aan. Kaartjies is verkrygbaar by bestuurslede.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za