n ONDERSTEUNERSGROEP vir diegene wat geraak word deur die verslawing van ’n kind, familielid of vriend, open Woensdag in die Paarl sy deure.
Die Paarlse tak van Tough Love word deur Hanchen Schultz en Rona Liddell bestuur.
Woensdag 6 Februarie om 19:30 is die bekendstelling van dié Tough Love-groep by The Rock Community Centre te Bergrivier Boulevard 29, Paarl.
Alle belangstellendes, sowel as dié wat ondersteuning nodig het, word na die loodsingsfunksie genooi, waarna die groep elke Woensdagaand sal vergader.
Die hoof van Tough Love Wes-Kaap, Margaret Vos, sal ook die eerste aand teenwoordig wees.
Navrae by Hanchen 082-446-2989 of Rona 084-460-6211.