EK hoop regtig dat die plaaslike raadslede dit wat by die ANC konferensie in Polokwane gebeur het, ter harte sal neem.
1. Moenie te magtig raak en ander misbruik of op hulle trap nie.
2. Moenie familielede of vriende se kinders bevoordeel by aanstellings nie.
3. Hanteer mense dieselfde - moenie uitsonderings maak as daar opgetree word nie (veral teen korrupte amptenare).
4. Weet en hoor genoeg wat in jou wyk aangaan en tree op.
5. Moenie alleen groei en jouself verryk nie.
Vir diegene wat nie hierdie lesse ter harte geneem het nie - pasop, die mense hou julle dop en sal julle uitsorteer by die volgende plaaslike verkiesing.
Big Brother is watching you!
Comrade Big Brother