’n MENS moet vrae vra. Jy kan nie sommer vandag meer enigiemand in jou erf toelaat nie.
Reg? Ja, beslis, sal die polisie en die munisipale wetstoepassers beaam.
Nou hoekom dra die munisipale beamptes wat kragverbruik in woongebiede lees, dan geen vorm van identifikasie op hulle nie?
Behoort hulle nie ’n identifikasiekaart van hul werkgewer byderhand te hê nie?
Hulle kan aan hul blou uniform (grys langbroek, ligblou hemp, swart skoene) uitgeken word, is die verweer.
Dit is nie goed genoeg nie. Enige skelm kan sulke klere bekom.
Liewer bangjan as dooiejan