Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'Dame' sonder skaamte

'Dame' sonder skaamte
 
2008-01-31


OP Maandag 24 Desember het ‘n “dame” in ’n blou Tazz rustig in ons buurt teen Paarlberg rondgery - dit was mos rustig en baie mense weg en toe besluit die dame dit is net die plek om haar drie vullissakke te stort.

Sowaar, sy parkeer lekker in Walderstraat, reg agter Pontac gastehuis, haal haar drie sakke uit, sit dit heel netjies in die hoek neer en trek met ’n spoed daar weg.

Die dame lyk my is maar aan die lui kant want die sakke was vol “take-away” papiere en dit lyk asof sy in haar af tyd haar stokperdjie in haar motorhuis beoefen, want daar was leë spuitkanne en stukkende spanners in die sak.

Sy kan baie gelukkig wees daar was nie ’n koevert met ’n adres op nie, dan het ek dit sommer gepubliseer.

Sies man, skaam jou.

Jan Tuisbly




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za