Gim tennis wen binnenshuis
2008-01-31
VRYDAG het Hoėrskool Gimnasium n eerste binnenshuise tennistoernooi teen Hoėrskool Outeniqua gehou ter feesviering van sy 150ste bestaanjaar. Gimnasium se eerste en tweede gekeurde tennisspelers (seun- en meisiespanne) het deelgeneem aan die eerste toernooi van sy soort wat deur die skool aangebied is. Wat die toernooi baie spesiaal maak, is die feit dat die nommer 1 en 2 gekeurde seun- spelers broers is, en die nommer 1 en 2 gekeurde meisies susters is. Die toernooi het plaasgevind in die CR Sentrum op die skoolterrein. Gimnasium het met 7-1 as oorwinnaars uit die stryd getree teen die besoekers.
More
News
|