HOEKOM is dit dat die vullisverwyderaars nie die ekstra sakke wat ek langs my vullisdrom uitsit wil wegneem nie?
Almal in ons woonbuurt (New Orleans) sit ekstra sakke uit, maar myne wil hulle nie wegneem nie.
Ek was verlede week in ’n onderonsie met die vragmotorbestuurder omdat hy geweier het om die sakke te vat.
Oral waar ek ry, sien ek mense sit ekstra sakke bo-op hulle dromme, en dan word die sakke weggevat.
Wat is dan die reëling van die Munisipaliteit?
Ontevrede
’n Munisipale woordvoerder reageer:
Elke inwoner van Drakenstein betaal
dieselfde bedrag per vullisdrom. Elkeen
kry dieselfde diens vir dieselfde geld.
Dit beteken dat die Munisipaliteit slegs verantwoordelikheid aanvaar vir die inhoud van jou drom.
Indien jy meer vullis het as wat in die drom pas, moet jy die ekstra sakke terughou tot volgende keer. Of jy moet betaal vir ’n tweede drom.
Die vullisverwyderingspan is nie veronderstel om enigsins bykomende vullis op te laai nie, maar probeer wel lede van die publiek tegemoet kom wanneer die verwyderingsdag moet aanskuif soos ná ’n vakansiedag.
Lede van die publiek wat bykomende sakke uitsit, bemoeilik die taak van ons werknemers en is onregverdig teenoor hul bure wat by die reëls hou.