Rekords spat by HJS se interhuis-atletiek
2008-01-31
BY die interhuis-atletiek van Hoër Jongenskool is verskeie rekords deur juniors gebreek. Curtly du Plessis het die 100m in 11,3 sekondes afgelê en daarmee die seuns 14 rekord van 11,8 sekondes verbeter. Hy het ook die 200m rekord van 24,9 tot 23,5 sekondes verbeter. Ruan Maree het die gewigstoot seuns 15 jaar verbeter van 16,17m tot 16,29m. Christiaan Mouton (junior Victor Ludorum) het die 200m hekkiesrekord verbeter van 29,3 tot 28,7 sekondes. Die senior Victor Ludorum was Adam van Heerden. Die byeenkoms is gewen deur Imhoff koshuis. * Hoërskool Gimnasium het Vrydag hul Kleure-atletiekbyeenkoms gehou met die rooispan eerste. Suzaan Broodryk het die rekord gebreek vir die meisies 14 400m met ’n tyd van 65,70 minute (vorige rekord: 66,00 minute). Die Senior Victor Ludorums was Elmien Nel en Rushwai.... Samaai. Die Junior Victor Ludorums was Jan-Louw Kotze en Ronel Erasmus.
More
News
|