Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peter de Villiers - 'n trotse oomblik vir almal

Peter de Villiers - 'n trotse oomblik vir almal
 
2008-01-31


WAT 地 trotse oomblik was dit nie toe Peter de Villiers aangewys is as afrigter van die Springbokke nie.

地 Mens besef egter maar net nog steeds hoe erg rassisties ons land se mense is as jy die kritiek in die dagblaaie lees.

Almal is opgewonde oor die Springbokke se oorwinning in die W靡eldbeker, maar ek glo die Springbokke het 地 maklike paadjie gehad. Geen All Blacks, Wallabies of Franse in hul pad nie.

Ek noem dit omdat ek glo dat Jake White nie werklik so 地 goeie afrigter was nie en hy baie gelukkig was om die beker te wen.

Almal wil nou vir Peter met Jake vergelyk, maar ek glo Peter moet hom nie daaraan steur nie en die span afrig volgens sy eie metodes.

Die spanne wat hy afgerig het, was almal bekend vir hulle hardlooprugby en dit moet hy asseblief terugbring in ons rugby. Hy moet besef dat elke beweging van hom dopgehou sal word, want hy word kwaai dopgehou. Sterkte aan Peter!

NS: Het die lesers al gehoor hoe die skare saam sing tydens ons volkslied? Baie min mense sing die eerste deel saam, maar as dit by die Stem-gedeelte kom dan sing die hele skare saam - 地 duidelike teken van rassisme. Mag Peter die hele land leer om die volle volkslied saam te sing.

Christo Present

Komaggas, Namakwaland




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za