Die hitte is met ons
2008-01-31
DIE kraaie het behoorlik die afgelope week gegaap met ’n hittegolf wat die gebied getref het. Volgens gerugte was Kaapstad Saterdag selfs die warmste stad ter wêreld, met die kwik wat daar tot 38 grade gestyg het. Dit is vir dié kusdorp baie warm, maar die Paarl, wat nie ’n stad is nie, het gesweet in ’n poel genadelose hitte van 42 grade. Vandag en môre sal die kwik om en by 35 grade staan en Saterdag is nog warmer met 37 grade. Sondag daal dit effens tot 30 grade en Maandag bring lafenis met 27 grade en deels bewolk.
More
News
|