Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doodsduik

Doodsduik
 
2008-01-31

Lise Beyers

TWEE mans het die afgelope naweek gesterf weens die versengende hitte wat die vallei beetgepak het.

Die eerste voorval het Saterdagmiddag plaasgevind toe verskeie mense van die voetbrug oor die Bergrivier in Suider-Paarl gespring het.

Piekniekgangers het vertel dat hulle nog gewaarsku het dat die water laag is, maar dit het op dowe ore geval.

Xolani Dakada (24) van Fairyland was saam met vriende op die brug, toe hulle hom glo aangehits het om af te duik. Hy het ingeduik en nie weer opgekom nie.

Uiteindelik is die hulp van die polisie ingeroep en ’n polisieduiker het op Dakada se liggaam in vlak water afgekom.

Sy nek is gebreek toe hy vermoedelik in ’n sandbank onder die water vasgeduik het.

Talle mense het voortgegaan om in die rivier te swem ná die voorval.

Die Paarl polisiebevelvoerder snr/supt Mzwandile Tiyo, het gesê dat hy verskeie kere al by die brug stilgehou het om vir jong mense te waarsku dat hulle nie daar moet afspring nie.

“Dit is nie die eerste keer dat iemand dood of beseer is nadat hulle van die brug afgespring het nie. Daar moet beslis daarna gekyk word dat hierdie simpel sport beëindig word.”

* Sondagmiddag het ’n man verdrink in die munisipale swembad in Pentzstraat, Wellington.

Melvyn du Toit (41) van Weltevrede het dié warm dag saam met talle ander mense verligting hiér kom soek uit die versengende hitte van die dag.

Hy is laas gesien waar hy op die rand van die swembad gesit het.

Toe die swembad om 18:00 gesluit het, is daar na Du Toit gesoek. Dit is toe dat die opsigter op sy lyk onder die water afgekom het.

Dit is steeds onduidelik wat gebeur het.

’n Bekommerde inwoner het gesê op warm dae sak talle mense op publieke swembaddens toe.

“Daar is geen beheer hiér nie en ook geen lewensredders aan diens nie.”

* Two people lost their lives this past weekend while trying to escape the searing heat which gripped the valley.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za