DIE geleentheid om ’n skilder- en tekenkursus van agt weke te onderneem en om daarna jou werk in ’n uitstalling in die PJ Olivier Kunsskool te plaas word vanaf Februarie tot April deur die Stellenbosse Kunsvereniging aangebied.
Die kursusleier is Lorraine Blumer wat in twee vierweke-sessies ’n skilder-en tekenwerkswinkel in portret en landskap sal aanbied in die Kunsvereniging se gebruiksateljee by die Universiteit se Sasol-kunsmuseum in Ryneveldstraat.
Die kursus is Saterdagoggende van 9:00 tot 12:00 van 16 Februarie tot 15 Maart en na die skoolvakansie van 19 April tot 3 Mei.
Skakel Hymne Laubscher by 084-800-0836 of Margot Steyn by 021-886-4040