DIE St Alban’s Primêre Skool in Wellington hou hul jaarlikse karnaval met mallemeule en groot vermaak op hul skoolterrein op Vrydag 14 Maart en Saterdag 15 Maart.
Toegang is R20 en R10 vir kinders.
Ritkaartjies vir die mallemeule sal beskikbaar wees by die skool teen R6 per rit.
Voorafbetaalde kaartjies is beskikbaar vanaf 15 Februarie by die skool teen R15 en R10 vir kinders.
Die verkope van toegangkaartjies sluit Vrydag 14 Maart om 17:00.
Vrydag tree die Idol Munro en die groep N2 op.
Saterdag tree die Idol Jody en Emo Adams op.
Skakel die skool by 021-8732441 vanaf 08:00 tot 12:00. Aansoeke sluit 15 Februarie om 12:00.