KOM vier hierdie jaar Valentynsdag op ’n eenvoudiger, stiller en wonderliker manier.
Niël Rademan besing die liefde en die lewe met ’n musiekprogram van nostalgiese volksmusiek en romantiese chansons.
Bring jou kombers en kussings, pak jou eie mandjie vol vonkelwyn en lekkernye, bring jou geliefde en kom hou piekniek op Wellingtonse wingerdplaas De Compagnie se groot grasperk op Donderdag 14 Februarie van 18:00 tot 20:00.
Koste is R50 en sluit ook ’n brandewynproe in. Skakel 021-8641241.