Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stap saam op Paarlberg

Stap saam op Paarlberg
 
2005-06-23


DIE vierde begeleide Paarlberguitstappie word beplan vir Saterdag 2 Julie van 09:00 tot 11:00.

Ontmoet by die hoofhek van die Paarlberg Natuurreservaat.

Ry noord vanaf die hoofpiekniekplek op Jan Phillipsbergpad en draai links by die bord, “Die Rotse, Nantes Dam, Bethel Dam”. Ry 600m en hou stil voor die hek by die parkeerplek.

Hierdie gaan ’n redelike rustige uitstappie wees om die berg te geniet, op die Klipkershoutwandelpad.

Mense wat wil, kan ’n piekniekmandjie saambring vir ná die tyd. Kinders is welkom om by te woon.

* Die derde Paarlberg gemeenskapsuitkap vind plaas op Saterdag 9 Julie, van 14:00 tot 16:00, by Silwerboomkloof.
Ontmoet by die Victoriadam T-aansluiting.

Jong indringerplante sal met die hand uitgetrek word. Bring handskoene en ’n pik of tuinvurk saam en tee vir na die tyd. Drinkwater sal voorsien word.

* Die sesde Paarlberg botaniese wandeling vind plaas op Saterdag 16 Julie, vanaf 15:00 tot 17:00.

Ontmoet by die hoofpiekniekplek langs Jan Phillipsbergpad.
Dit sal ’n stadige wandeling wees op die pad na die rotse toe om die plante van die natuurreservaat te leer ken.

* Die vierde Paarlberg gemeenskapsuitkap word beplan vir Saterdag 30 Julie, vanaf 09:00 tot 12:00. Ontmoet by die hoofhek van die Natuurreservaat. Daar gaan in die gebrande area uitgekap word.

Daar is jong indringerplante wat met die hand uitgetrek kan word sowel as volwasse bome (langblaarwattel wat maklik is om af te saag) wat afgekap gaan word met handsae of byle.

Bring handskoene, stewels, handsaag, byl, pik, tuinvurk en tee saam. Drinkwater sal voorsien word.

Let asseblief daarop dat alle uitstappies gekanselleer sal word indien dit reën.

Alle deelname is op eie risiko en is gratis.
Geen honde word in die Paarlberg Natuurreservaat toegelaat nie.

Kontak Gael Campbell-Young by 872-8672 of 084-793-2876 vir meer inligting.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za