Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees met wyn, kos en musiek

Fees met wyn, kos en musiek
 
2008-02-07


DIE Paarl Wingerdfees vind op 22 en 23 Februarie plaas in die Faurestraat-stadion met as gas die bekende Kanadese sanger Alan Garrity.

Hy kom feesgangers vermaak met sy bekende treffers soos “I need someone, en “Put your hand in the hand”.

Behalwe vir bekendes soos die Campbells, Kurt Darren, Jakkie Louw, Hugo en sy orkes en die Snyman Broers asook nuwe gesigte soos die gewilde Ray Dylan en Wikus van der Merwe, sal plaaslike talent soos Ronnie Appolis van Worcester en die Boulevard Blues Band van Kaapstad ook optree.

As jy voor 16 Februarie kaartjies koop by Computicket, kan jy afslag kry.

Daar sal weer twee verhoë wees. Op die dagverhoog, Saterdag onder dak, word plaaslike talent aan die publiek bekend gestel. Die middag sal stoepstories vertel word, gelei deur Leon Beukes van Maak ’n Las faam.

Hierdie jaar word daar ook spesiaal voorsiening gemaak vir die kinders.

Daar sal treintjies, swaaie, springkastele en vele meer wees vir die kinders.

Feesgangers moet nie bekommerd wees oor onderbrekings nie, kragopwekkers sal beskikbaar wees.

Wyn- en kosstalletjies met tradisionele kos en ’n restaurant sal beskikbaar wees en nuwe wyne sal bekend gestel word.

Kaartjies is R100 per dag vir volwassenes (kinders en studente R50 per dag).

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Musiklood in die Paarl.

Besoek die webwerf paarlwingerdfees.co.za vir meer besonderhede.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za