Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe werke by Glen Carlou

Nuwe werke by Glen Carlou
 
2008-02-07


DIE Hess-kunsmuseum, wat sedert 2006 by die Glen Carlou-wynkelder buite die Paarl gehuisves is, het verlede week ’n nuwe versameling kontemporêre kunswerke ten toon gestel.

Hierdie werke deur Andy Goldsworthy, Quattara Watts en Deryck Healey, sal tot volgende jaar te sien wees.

Goldsworthy is een van die wêreld se bekendste praktisyns van installasiekuns, en was persoonlik by Glen Carlou om sy werke te installeer.

Ouattara Watts is ’n skilder wat van die Ivoorkus afkomstig is en tans in New York woon.

Deryck Healey, wie se treffende beelde van 2006 by Glen Carlou te sien is, is ’n Suid-Afrikaner wat voor sy dood in 2005 in Londen gewoon het.

Al die kunswerke behoort aan die Hess-versameling wat in Bern, Switserland, gehuisves word.

Donald Hess, wat Glen Carlou asook wynkelders in Amerika, Argentinië en Australië besit, is sedert die 1970’s ’n passievolle versamelaar van moderne kuns en glo daaraan om sy kunsliefde by sy wynkelders uit te stal. Toegang is gratis.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za