DIE ATKV Paarl-tak nooi jou en jou hartsmense uit na ’n andersoortige kuieraand.
Kom geniet ’n heerlike driegangmaaltyd tydens die ATKV se Afrikone-Toekennings by Nelson’s Creek Wynlandgoed op Donderdag 6 Maart vanaf 19:00.
Die gaskunstenaars is Die Broers, so moenie jou dansskoene tuis vergeet nie. Die drag is ontspanne met ’n blink kant bo houding.
Kaartjies is R150 per persoon met kontantkroeg beskikbaar.
Vir besprekings en navrae, skakel Marianna van Niekerk by 083-302-5612 of e-pos custadm@mweb.co.za.
Bank-inbetalings vir tafelbespreking kan gedoen word by Afrikone, Standard Bank rekening 184 332 060, takkode 05-02-10. Faks bewys van betaling na 021-863-0262.