Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skoolhoof lei kinderbetoging by atletiek

Skoolhoof lei kinderbetoging by atletiek
 
2008-02-07


DIE eerste Paarl-sone atletiek van die Paarl atletiekseisoen het op ’n wrang noot begin toe die skoolhoof van Paarlzicht Primęre Skool, Mervyn Julies, sy atlete in ’n protesoptog teen Laerskool Gimnasium gelei het en die byeenkoms vir meer as ’n halfuur ontwrig het.

Laerskool Gimnasium is een van drie skole wie se beheerliggame onlangs die Boland Skoolsport Assosiasie, die Paarl Primęre Skoolsport assosiasie, voorsitter Pieter Lourens en die Wes-Kaapse Minister van Onderwys in die Hooggeregshof die stryd aangesę het nadat die betrokke sportassosiasies leerders van KleinGim, Klein Boishaai en Laerskool Noord-Eind verbied het om aan sportbyeenkomste wat hulle in die Boland reël, deel te neem omdat hulle Craven Week rugby in die WP speel volgens Sarvu bepalings.

Op Woensdag 23 Januarie het Regter Samela in die Hooggeregshof beveel dat die betrokke sportassosiasies se besluit om die drie skole deelname te weier, nietig is.

Die regter het verder opdrag gegee dat die sportassosiasies geen aksies sal neem om leerders van Laerskool Gimnasium, Paarl Primęre Seunskool of Laerskool Noord-Eind te verhoed om aan byeenkomste wat die assosiasies reël, deel te neem nie.

Toe Gim egter by die eerste sonebyeenkoms opdaag, was die gort gaar. Julies was hoogs ontstoke oor wat hy beskryf het as die ‘arrogante houding van die eks-model C skole’. Terwyl sy leerders in die agtergrond gedreunsing het en plakkate gewaai het met boodskappe soos “Gimnasium L. neem julle skoolsport na WP toe en “X Model C wit skole is arrogant”, het Julies sy griewe gelug.

“Wit skole is arrogant. Gim moet hulle goed vat en loop en al hulle sportkodes in die WP speel. Wanneer hulle teen ons moet speel of kultuurdinge doen, is hulle nie beskikbaar nie.

”Rassisme is nog in die wittes in. Hulle moet regkom. Ons sal presies doen wat die skole al die jare aan ons gedoen het. Hulle wil vir ons voorskryf in die nuwe Suid-Afrika,” het hy gesę.

Daarna het hy die mikrofoon geneem en beamptes onder andere gevra om “onpartydig te wees ten spyte van die skole wat hier deelneem.”

Ouers van verskeie deelnemende skole was geskok oor die onwettige optog en die rassistiese trant daarvan.

Cassie Carstens, skoolhoof van Laerskool Gimnasium, sę die Gimnasium ouers was uiters ontsteld oor die voorval.

“Van ons bruin ouers het gesę: ‘Weet die mense wat hulle aan ons kinders doen?’

’n Ander ouer moes toekyk hoe verbymarsjerende Paarlzicht leerders vuil tekens na sy negejarige dogter wys wat nie ’n Gim- leerder is nie.

’n Gim-ouer wat nie genoem wil word nie uit vrees vir verdere diskriminasie, sę toe sy by Dal Josafat Stadion inry, het Julies met ’n banier op haar motor begin slaan. Sy was onbewus van die optog, maar hy het geskree dat sy nie tussen sy kinders moet inry nie.

Meneer Julies, wat skertsend deur een van die ouers die ‘Fluitspeler van Hamelin’ ’n gedoop is, is na ’n amptelike klag gevra om die mikrofoon af te gee.

‘n Oud-Springbokatleet wat ook die byeenkoms bygewoon het, sę Julies behoort deur Boland Skole Atletiek vir onetiese gedrag verhoor te word.

“Dis onaanvaarbaar om skoolkinders vir persoonlike vendettas te gebruik. Watter voorbeeld stel mnr Julies vir die kinders onder sy leiding wanneer hy rassistiese uitsprake maak en die hof verontagsaam?

“Ons maak juis ons kinders groot om nie rassisties te wees nie en dan word hulle aan sulke gedrag blootgestel!” het sy verontwaardig gesę (sien brief bl 6).




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za