Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hoekom tree skoolhoof so op

Hoekom tree skoolhoof so op
 
2008-02-07


GROOT was my teleurstelling om in koerante te sien dat ons hoof met onse kinders march na ’n byeenkoms met plakkate van ander skole wat lees dat hulle is nie goed vir ons skole nie.

Paarl Post het verlede week berig dat die probleem tussen die skole wat sekere sport in WP beoefen opgelos is, en dat daar nie meer probleme is nie.

Nou vra ek myself af hoekom maak julle gebruik van onse kinders om julle vuilwerk te doen, mnre Julies en Lourens?

Ek wonder maar net of die Beheerraad gekontak was ten opsigte van die optog vanaf Paarlzicht na Daljosafat (en dan was dit nog warm ook).

Ek sal graag wil sien dat die ouers van Paarlzicht die beheerraad so gou as moontlik moet spreek, want dit is ’n klap in die gesig vir hierdie skool.

Ek vind dit baie vreemd dat Pieter Lourens nie deel was van die optog nie, want hy is dan tog die voorsitter van Boland Skole.

Ek kan nie sien dat onskuldige kinders gebruik word om sulke sake op te los nie - daar is beter maniere om dit te doen en dit was baie onprofessioneel van Paarlzicht.

Baie bekommerde ouer




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za