Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos speel klaar met Wellington

Paarl-Oos speel klaar met Wellington
 
2008-02-07


SATERDAG het die eerste krieketspan van GMT Paarl-­Oos behoorlik klaargespeel met die span van Wellington op die Pen Bassonveld.

Met Pieter Bergh (61, 6x4) in die kamp, het Wellington die wedstryd goed begin. Dit was egter ’n kwessie van tyd voor die besoekers hul ritme sou vind.

Met die val van Wellington se tweede paaltjie het Paarl-Oos se boulaanslag eenvoudig te sterk geraak vir die tuisspan.

Elroy Abrahams (3/9) en Hubert Ontong (2/1) was Paarl-Oos se beste boulers. Hulle het gehelp om Wellington uit te boul vir slegs 131.

Paarl-Oos het met sy kolfbeurt 132 lopies aangeteken. Die besoekers se beste kolwer was Waylon September (48*, 6x4).

Saterdag het Paarl-Oos II vasgeval teen Wellington II op New Orleans terwyl Paarl-Oos III in ’n tuiswedstryd afgereken het met die span van Brackenfell.

* Saterdag speel Paarl I teen Paarl-Oos I op die Parys-velde. Paarl-Oos II speel teen Paarl II op New Orleans en Paarl-Oos III speel in ’n wegwedstryd teen Hawston II.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za