Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples laat waai

Peoples laat waai
 
2008-02-07


YOUNG PEOPLES het Saterdag op Bolandpark in Worcester sy wedstryd teen Worcester United met 8 paaltjies gewen. Die Tiere het sodoende weer ’n belangrike bonuspunt ingesamel.

Worcester het gekolf, maar was van die eerste bal af op die agtervoet toe Peo­ples se naatbouler, Charlton Daniels, albei aanvangskolwers uitgehaal het.

Daniels (2/11) en Lorenzo Jacobs (4/33) was eenvoudig te goed vir Worcester se kolwers, en die tuisspan is vir ’n droewige 111 lopies uitgehaal.

Peoples het aanvanklik ook gesukkel met die kolf en het op ’n staduim op 20/2 gelê. Hershille Barron (40*, 3x4) en Shaun Cutting (40*, 3x4) het met ’n vennootskap van 95 lopies die oorwinning verseker.

Peoples II was op Daljosafat in ’n riller-wedstryd betrokke teen Worcester United II. Worcester het eerste gekolf en 255 lopies aangeteken.

Die Tiere se beste boulers was Lee-John Julies (4/34) en Lindsay Davy (2/13).

Peoples het stadig begin, maar Gershwin Philander het met ’n soliede kolfbeurt van 66 (8x4) gesorg dat die Tiere ’n goeie fondament lê. Die dag het egter aan Lindsay Davy behoort. Hy het Worcester mak geslaan op pad na sy 119 n.u.n. (10x4 en 3x6).

* Peoples I speel Saterdag op Daljosafat teen Vredenburg/Saldanha. Die tweede span moet reis na die weskus vir sy wedstryd. Die derde span speel op Daljosafat teen Exelsior II. Sondag speel Peoples I weg teen Bergrivier I, Peoples II speel op tuis teen Bergrivier II, en die derdespan speel teen Maties III.

* Peoples I en II speel volgende Saterdag in ’n wegwedstryd teen Vredenburg/Saldanha in die Pro-20 kompetisie. Kontak Trevor by 082-497-3884 of Willie by 073-645-8632.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za