DIE Paarlse Sakekamer en PricewaterhouseCoopers nooi al hul lede en kliënte na ’n ontbyt- aanbieding van die 2008 Begrotingsrede deur Charles de Wet, direkteur van PricewaterhouseCoopers.
Die geleentheid is op Vrydag 22 Februarie om 06:30 vir 07:00 by die Grande Roche Hotel, Paarl.
Daar is geen kostes hieraan verbonde nie.
Bespreek teen 15 Februarie by Rina Compaan by 021-807-7123 of rina.compaan@za.pwc.com.