Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oesjaar goed vir wynmakers

Oesjaar goed vir wynmakers
 
2008-02-14


DIT lyk asof vanjaar ’n goeie jaar gaan wees vir witwyne, ten spyte van die hittegolwe van die afgelope paar weke en die skielike nat toestande van dié naweek.

Volgens Razvan Macici, keldermeester van Nederburg, het vanjaar se oes min probleme opgelewer, en het die hitte nie die suikerinhoud van dié oesjaar te veel beïnvloed nie.

“Ek is ’n bietjie bekommerd oor die nat weer van die afgelope naweek omdat daar vrot onder die druiwe kan plaasvind tydens pars.

“Ten spyte van dié bekommernis hoort dit ’n goeie oesjaar te wees, veral vir sauvignon blanc,” het Macici gesê.

Wit kultivars in omliggende streke doen baie goed.

Hugo Truter, keldermeester van Wamakersvallei Wynkelder in Wellington, sê: “Veral ons chenin blancs lyk goed.

“Vanjaar het ons wit en rooi druiwe terselfdertyd gepluk en ons parsproses het twee dae later as verlede jaar begin.

“Vanjaar verwag ons om 9 miljoen liter wyn te produseer.”

Volgens die bepalings van SAWIS, gaan die Paarl-streek vir 2008 ’n oes oplewer van 158 000ton druiwe, 1000 ton meer as verlede jaar en die grootste oes die afgelope agt jaar.

Dié nuus kom as ’n welkome verligting vir die Paarl-streek omdat daar bekommernis was oor gehalte, weens die hoë temperature.

Kosie Möller van Klein Parys wynplaas sê dat, danksy wynboere se proaktiwiteit tydens die druk oestyd, is daar min om oor bekommerd te wees.

“Ek is gelukkig oor die tannienvlakke en suikerinhoud. Die hoë temperature van die afgelope weke sou die druiwe baie kon beïnvloed het indien ons nie betyds gepluk het nie,” het Möller gesê.

Vanjaar se parstyd is tot twee weke later ná die langer winter. Lente was ook later, met heelwat reën, wat tot gevolg gehad dat die rypwordingsproses langer geduur het.

November was koud en nat en dit kon moontlike gevolge inhou vir van die wynplase, meen produsente.

Die koel weer help om druiwe te preserveer sodat die warm somermaande in Januarie en Februarie die suikerinhoud kan laat styg.

Swamme en insekte gedy in klam, warm weer wat dit makliker laat versprei onder wingerdstokke. Boere wat nie voorbehoedend optree nie, kan kleiner oeste te wagte wees.

La Motte wynmaker Edmund Terblanche sê dat hoewel die druiwe later as gewoonlik gepluk word, daar nie veel verskil tussen vanjaar en verlede jaar se druiwegehalte is nie.

Daar moet net mooi somme gemaak word met die pluk sodat die regte suur- en suikerbalans gehandhaaf kan word.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za