’n VROU is vandeesweek va moord aangekla, nadat haar vriend gesterf het aan ’n klipbesering.
Die voorval het Vrydag plaasgevind op Voëlgesangplaas, Wellington, toe Aubrey Malgas vir Helena Carolus na bewering aangerand het.
Helena het gevlug en toe Malgas vir haar agterna sit, het sy hom met ’n klip gegooi.
Volgens bure het Malgas dikwels handgemeen geraak met Helena.
Alhoewel hulle nooit wettiglik getroud in nie, het hulle reeds 20 jaar saam gewoon.
Malgas is Sondag in die Paarl Hospitaal aan sy beserings dood.