DIE bestuurder van 地 voertuig wat betrokke was in 地 ongeluk waarin 地 13-jarige seun dood is, het verlede week aan sy beserings gesterf.
Basil Jaars het drie weke gelede groente vervoer vir 地 groentesmous van Paarl-Oos.
Hy was onderweg terug na die Paarl vanaf Paardeberg. Toe hy die kruising van die R44 en die Voor-Paardebergpad oorgesteek het, is sy voertuig deur 地 bakkie getref.
Waylin Pieters (13) wat vir Jaars gehelp het met die groente, het onder die wiele van die bakkie beland en is later die middag aan sy beserings oorlede.
Jaars het ernstige beserings opgedoen. Sy longe is onder andere deurboor deur sy ribbes.
Hy is na die Tygerberg Hospitaal geneem vir behandeling, maar het nooit werklik herstel nie.
Jaars se begrafnis vind Saterdagoggend om 09:00 plaas vanaf Mercia Daily se huis in 126 Magnoliastraat, en om 10:00 by die Nuwe Apostoliese Kerk, Klein Nederburg.