Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier tem Worcester

Bergrivier tem Worcester
 
2008-02-14


SATERDAG het die krieketspan van Bergrivier goeie spel op hulle tuisveld gelewer om Worcester United met 5 paaltjies te klop.

Worcester het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Die tuisspan het goed geboul en Worcester is vir slegs 154 lopies in die 40ste boulbeurt, uitgehaal.

H Alberts (35, 4x4) en D Gregg (28, 3x4) was die twee manne wat noemenswaardige tellings vir die besoekers aangeteken het.

Vir die span van Bergrivier het Reagen Petersen (3/29), Eaton Petersen (2/15) en Ryan Mouton (2/24) goed geboul.

Bergrivier het in sy kolfbeurt 156 lopies vir die verlies van 5 paaltjies aangeteken.

Darren Isaacs (75, 13x4), Andrew Williams (26, 4x4) en Fabien Arendse (20, 3x4) het almal goeie tellings aangeteken om ’n bydrae te maak tot Bergrivier se oorwinning.

Die bouler wat goed vertoon het vir Worcester United was J Amsterdam. Hy het 2 paaltjies vir 30 lopies laat kantel in 7 boulbeurte.

* Saterdag speel Bergrivier tuis teen Worcester in die 20/20 kompetisie.

Tydens die wedstryd sal daar ook worsrolletjie-verkope wees om saam met die wedstryd te geniet.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za