Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Wellington-krieket toon staal teen Malmesbury

Wellington-krieket toon staal teen Malmesbury
 
2008-02-14


SATERDAG het Wellington sy staal getoon toe hy in ’n wegwedstryd met 156 lopies geseëvier het teen die span van Malmesbury.

Wellington het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die tuisspan het tydens sy kolfbeurt 240 lopies aangeteken.

Uitblinkers vir Wellington was Warren Groeneveld (114*, 5x4 en 4x6) en Bronwell Williams (73*, 2x4).

Tydens Malmesbury se kolfbeurt het Wellington met ’n boulaanslag vorendag gekom wat te sterk was vir die Swartlanders.

Malmesbury kon slegs 84 lopies aanteken voor Wellington die tuisspan se laaste kolwer na die kleedkamer gestuur het.

Wellington se beste boulers was Ian Opperman (4/22), Ryan Groeneveld (2/12) en Ashwell de Vries (2/13).

Sondag het Wellington teen Worcester United gespeel op die Pen Basson-velde.

Worcester het die loot gewen en besluit om eerste te boul.

Wellington het weereens baie goed gekolf en 243 lopies aangeteken.

Pieter Bergh (104, 9x4 en 1x6) was sy span se beste kolwer. Hy is goed ondersteun deur Warren Groeneveld (67, 8x4).

Worcester het tydens sy kolfbeurt 47/3 aangeteken voordat spel gestaak is weens donderstorms. Christo Ritter’n het al drie Worcester se paaltjies gevat vir 24 lopies.

* Saterdag speel Wellington teen Paarl­Oos op die Pen Basson-velde in die 20/20 kriekettoernooi. Sondag reis Wellington na Worcester vir nog ’n 20/20 wedstryd teen Worcester United.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za