Swemmers vaar puik
2008-02-14
LEDE van Paarl swemklub het onlangs goed vertoon tydens die Jack Currie kampioenskappe wat by die Universiteit van WesKaap gehou is. Elaine Edwards het brons gewen in die 200m rugslag, Nicholas de Villiers het goud gewen in die 100m borsslag, 200m borsslag en 50m borsslag en Bernard Swart het silwer vewerf in die 200m borsslag.
More
News
|