Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Die Disas en die skoenlapperjagters

Die Disas en die skoenlapperjagters
 
2008-02-14


DAAR is nog skatte wat wag om ontdek te word in die berge om die Paarl. ’n Mens moet net op die regte tyd op die regte plek kyk.

So klouter veldbeamptes John Davids en Ivan Jansen van Cape Nature onlangs in die hoë kranse van Du toitskloof rond. Hulle was besig met identifikasie en telling van flora in die berg.

Dit was maar warm terwyl die manne so stroom-op (waar daar ’n klammigheid is) in ’n klofie gewerk het. En toe is daar skielik voor hulle ’n helder oranje gesig - nie ’n enkele disa nie, maar ’n massa blommende plante.

“Ons kon ons oë nie glo nie,” het Davids later gesê.

“Die disas kom gewoonlik so eeneen voor en is nooit so maklik bereikbaar nie. Ons het 84 plante in die blom getel.”

Dié Disa uniflora is dieselfde blom op WP se rugbytruie.

Davids en sy span is ook besig om skoenlappers in die berg te jag. Dit is vir die versameling van inligting vir ’n nuwe Skoenlapper Atlas.

“Ons maak hulle nie dood nie, ons hardloop net agterna met ’n net, vang hom en neem dan foto’s voordat ons die skoenlapper weer vrylaat,” vertel Davids.

“Dit is maar ’n moeilike taak om met ’n net oor die rowwe klippe van die berg te hardloop, en ek sukkel maar om vrywilligers te kry in hierdie hitte.”

So het die span verlede week, met hul eerste probeerslag, glo net twee skoenlappers in die net kon kry.

Dit was darem eintlik ’n dag vir flora-identifikasie, die skoenlappers was net toevallig.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za