Kom in rat vir wilde fietsresies
2008-02-14
OP 23 Februarie bied Wilde Vrugtesap ’n fietsresies aan by die Pacmar fabriek naby Wellington op die R44. Daar is twee kategorieë om in deel te neem, waarvan beide by die Wellington Nywerheidspark wegtrap. Die strawwe 103km begin om 06:30. Die roete neem fietsryers uit die besigheidspark op pad na Wellington en dan in die rigting van Hermon. Soos wat die roete oor Bothmaskloof lei sal die fietsryers verby Riebeek Kasteel trap voordat hulle op pad na die Paarl by die R45 indraai. Hulle sal naby Lady Loch klaarmaak. Om 07:15 begin die 42km-ryers te trap. Op Lady Loch sal hulle die Bergrivier oorsteek, en dan Malmesbury se koers inslaan nadat hulle by die R45 ingedraai het. Die roete volg op Voor-Paardebergpad tot net voor Sonop Wynmakery, waar daar by die R44 ingedraai word. Die eerste 1 500 fietsryers sal ’n vrugtesap geskenkpak ontvang. Kaartjies kos R60 vir Pedal Power Association-lede en R80 vir nie-lede. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Februarie. Vir meer inligting, kontak Andre Gilliland by 082-577-7466 of besoek www.pedalpower.org.za.
More
News
|