Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-Oos wen derby

Paarl-Oos wen derby
 
2008-02-14

Jaco van Wyk

IN ’n taai wedstryd wat onthou sal word vir sy uitstekende veldwerk, het GMT Paarl­­-

Oos Saterdag in sy derby-wedstryd teen Paarl krieketklub geswoeg om uiteindelik die wedstryd met vier lopies te wen.

Soos met enige ander derby was dit ’n nael­byt-stryd wat enige kant toe kon swaai.

Paarl het wel daarin geslaag om ses van sy teenstanders uit te hardloop, maar op die ou einde was dit die vinnige en akkurate veldwerk van Paarl-Oos wat die wedstryd vir die besoekers beklink het.

Met Elroy Abrahams (25, 2x4) en Waylon September (20, 1x4) aan die spits, het Paarl­Oos 154 lopies aangeteken. Ultalyn Ernstzen (2/25) was Paarl se beste bouler.

Paarl-Oos het ’n sterk kolfaanslag verweer en daarin geslaag om Paarl se span vir 150 lopies uit te boul.

Vir die tuisspan het Carlo Krotz (23, 1x4), Leroy Walters (27, 1x4) en Alfredo Adams (28, 1x4), goed gekolf. Paarl-Oos se beste bouler was Elroy Abrahams (3/11).

In ’n ander wedstryd het Paarl-Oos II die knie gebuig teen Paarl II.

Sondag het Paarl-Oos vir Malmesbury met 5 paaltjies geklop. Malmesbury het eers­te gekolf en 128 lopies aangeteken.

Paarl-Oos het tydens sy kolfbeurt goeie krieket opgedis en die wenlopies is reeds in die 13de boulbeurt aangeteken.

Mornay de Vries (34, 4x4 en 2x6) en Waylin September (21, 3x4) was Paarl-Oos se beste kolwers. Vir die tuisspan het Mornay de Vries (3/31) Elroy Abrahams (2/15) en Tiaan Cloete (2/20) met die bal uitgeblink.

Paarl-Oos II het Sondag in ’n wegwedstryd teen Malmesbury II, met 2 paaltjies gewen.

* Saterdag speel Paarl-Oos I en II teen Wellington I en II op die Pen Basson-velde in die 20/20 kriekettoernooi. Die tweede span se wedstryd begin om 10:00, terwyl die eerste spanne om 14:15 speel. Paarl-Oos III speel weg teen Exelsior in die 45­boulbeurte Country reserve liga. Sondag speel Paarl­Oos I en II in ’n tuiswedstryd teen Bergrivier I en II in die 20/20 kriekkettoernooi. Die tweede spanne speel om 10:00 en die eerste spanne speel om 14:15.

* Die naweek begin Paarl I en II hul aanslag op die 20/20 kriekettoernooi wanneer hulle teen die spanne van Malmesbury (Saterdag) en Vredenburg/Saldanha (Sondag) op die Parys-velde kragte meet.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za