Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Blaauw buit amateur-titel

Blaauw buit amateur-titel
 
2008-02-14

Jaco van Wyk

p>

Vir ’n mooier baan kon die spelers nie vra nie, met die Pearl Valley gholfbaan wat die fondament gelê het vir die afslaan van die gewilde toernooi wat al deur hardebaarde soos Ernie Els en Trevor Immelman gewen is.

Met die 17-jarige Fransman, Victor Dubuisson, en nog ’n Suid-Afrikaner, Leon-Brink Knoll, wat regdeur die toernooi nek aan nek was met Blaauw, was die toernooi moeilik genoeg soos dit was.

Wat Blaauw se taak nog moeiliker gemaak het, was die wind wat op die laaste dag van die toernooi al wat ’n hoed is van ’n kop afgewaai het.

Blaauw, wat in 2004 gematrikuleer het aan die Hoërskool Gimnasium, was nie van dag een af die voorloper nie.

Sy spel het egter daagliks verbeter en aan die einde van die voorlaaste dag het hy homself voor aan die punteleer bevind.

Hy het die toestande op die laaste dag van die toernooi goed hanteer, en met 75 houe (292-totaal oor vier rondes), kon Blaauw welverdiend die titel byt.

Volgens Blaauw het die merkwaardige prestasie nog nie regtig ingesink nie.

“Ek sal nie sê dat ek nie gedink het ek gaan wen nie, aangesien ek altyd geglo het ek kan,” het ’n nederige Blaauw gesê.

Blaauw besef egter dat die prestasie sy opgang in die gholfwêreld dalk makliker kan maak.

“Vir my om die SA Amateur houespel-toernooi te wen, is vanweë die toernooi se naam, ’n baie groot eer,” sê Blaauw.

“Manne soos Richard Sterne, Ernie Els en Trevor Immelman het voorheen die toernooi gewen, en kyk waar is hulle vandag.

“Hierdie oorwinning kan ek dus gebruik om op te verbeter in die komende toernooie waaraan ek gaan deelneem,” sê Blaauw.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za