GLO jy aan die man in die maan? Of dat die maan van kaas gemaak is?
Kom beskou die volmaan van nader vanaf die Taalmonument op Paarlberg op Vrydagaand 22 Februarie.
Al die ligte by die monument word vir die aand afgeskakel. Maanopkoms is om 20:11 en die monument sal oop wees tot 23:00.
Bring jou eie piekniekmandjie of bespreek jou mandjie vooraf by 021-863-2800.
Toegang is R10, R5 vir studente en R2 vir kinders. Geen honde of vure word toegelaat nie. Vir navrae, skakel 021-872-3441.