DIE Paarl Stimulasiesentrum vir gestremde kinders (agter Sonstraal Hospitaal in Joepatstraat) hou Saterdag 16 Februarie vanaf 12:00 tot 15:00 ’n potjiekoskompetisie wat deel is van hul Valentynsdag-viering.
Drakenstein burgemeester Charmaine Manuel kom ook besoek aflê, as beoordelaar van die lekkerste pot.
Die prys is R20 per bord.
Daar is ook ’n biertuin vir die dorstiges, ’n springkasteel en water-glybaan vir die kleinspan en jy kan ook worsrolletjies teen R7 elk koop.