Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Neem kamer aan

Neem kamer aan
 
2008-02-14


DIE Rusthof Ouetehuis in Paarl-Oos het ’n projek begin “Adopt a Room”.

Volgens die bestuurder van die tehuis, Elvera Kleynhans, wil hulle kerke, skole, families en gemeenskapsorganisasies aanmoedig om man te staan vir ’n kamer in die tehuis.

Dit beteken dat die persoon wat die kamer aanneem, verantwoordelik sal wees om die twee-man kamer te verfraai met beddegoed, gordyne en instandhouding van die kamer.

Volgens Kleynhans is dit tyd dat meubels vervang word in die tehuis.

“Die tehuis is nou al 28 jaar oud. Die meubels is vervalle. Daar is selfs nie eens deure aan sommige kamers nie. Dit veroorsaak probleme, want mense het nie privaatheid nie.

“Die tehuis word gedeeltelik gesubsidieer deur die regering en die res is ons van donasies afhanklik,” aldus Kleynhans.

Sy sê daar is alreeds vier van die 53 kamers wat aangeneem is deur kerke en ander instansies.

“Dit bring net soveel menswaardigheid terug na die bejaardes om ’n kamer te hê wat mooi lyk en te weet daar word omgesien na hulle.

“Nie dat daar nie nou na hul omgesien word nie, maar ons huidige fondse kan ook net soveel doen,” sê Kleynhans.

“As jy ’n kamer aaneem, soos besighede, kerke of organisasies, sal jou naam op die kamer se deur geplaas word.”

Sy doen ook ’n beroep op die gemeenskap om as enigiemand gordyne maak, om te help met die gordyne by die tehuis.

* The public is invited to join in the “Adopt a Room” project at the Rusthof old-age home in Paarl East.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za