Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voorste barokmusici op Stellenbosch

Voorste barokmusici op Stellenbosch
 
2008-02-14


BAROKMUSIEK word vandag as die gesofistikeerdste onder al die style beskou.

Aangesien die musiek so moeilik is om uit te voer, is dit vir gehore ’n móét om by te woon wanneer die land se voorste musici en hul hardwerkende protégés, die Endler verhoog tree Saterdag om 20:00 vir ’n aand vol 17deeeuse musiek.

Nina Schumann (klavier), Luis Magalhaes (klavier), Bennie van Eeden (klavier), Simone Kirsch (klavier), Mario Nell (orrel), Louis van der Watt (viool), Suzanne Martens (viool), Dalena Roux (tjello) en hul studente sal die verhoog betree om ’n konsert, getiteld Baroque Blast, met ’n ietwatse verrassende kinkel aan te bied.

Kaartjies is R80 vir volwassenes en R60 vir pensionarisse en sal by Computicket beskikbaar wees. Vir verdere navrae, skakel die Konservatorium by 021-808-2358.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za