Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rooikoppie vlug voor die nare Dolf

Rooikoppie vlug voor die nare Dolf
 
2008-02-14


DIE klassieke sprokie, Rooikappie, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wie ook die regie behartig en selfs een of twee verrassende verskynings op die verhoog maak.

Dié sprokie word opgevoer by die Ou Meul-teater Saterdag om 10:00.

Soos in die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal sy in die bos.

Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel jenewer, want hy hou daarvan so.

Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikapie teëkom haar en haar ouma kan red van Dolf die Wolf se onderduimse planne.

Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman.

Kaartjies is R30. Vir besprekings en meer inligting, skakel Vicky Stemmet by 083-564­0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za