Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Koos en Valiant hou skemerkonsert

Koos en Valiant hou skemerkonsert
 
2008-02-14


Die Afrikaanse rockers Koos Kombuis en Valiant Swart se jaarlikse skemerkonsert ten bate van Stellenbosch Dieresorg, vind plaas Sondag om 18:00 by die Oude Libertas-amfiteater.

Twee Afrikaanse rockers wat praat met kitaar en stem. Beide is liedjieskrywers van formaat. Hul samewerking het bykans 19 jaar gelede tydens Valiant se dienspligjare in die rokerige kroeë van Hillbrow begin.

Sedertdien het Valiant se loopbaan ’n draai op televisie gemaak in twee Song vir Katryn-reekse.

Maar deesdae is hy weer terug op sy oorspronklike rock ’n roll-missie.

Koos is sanger en skrywer met ’n rubriek in Rapport en romans wat met gereelde reëlmaat verskyn.

Die twee het in 2003 saam die album Jaar in die Son uitgereik.

Pryse is R80 tot R100 en vir die grasperk R20 tot R30.

Kaartjies kan bespreek word by Computicket, www.computicket.com of skakel die Oude Libertas-kaartjieskantoor by 021­809-7473.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za