Die Paarlse fees met gees
2008-02-14
DIE Paarl Wingerdfees vind op 22 en 23 Februarie plaas in die Faurestraat-stadion, met Andries Krogman wat lekker potjiekosdisse gana voorsit. Allan Garrity sal feesgangers vermaak met sy bekende treffers soos “I need someone, en “Put your hand in the hand”. Behalwe vir bekendes soos die Campbells, Kurt Darren, Jakkie Louw, Hugo en sy orkes en die Snyman Broers asook nuwe gesigte soos die gewilde Ray Dylan en Wikus van der Merwe, sal plaaslike talent soos Ronnie Appolis van Worcester en die Boulevard Blues Band van Kaapstad ook optree. Vrydag 22 Februarie open die hekke om 15:00. Die opening van die Fees is om 16:00. Jo-Anne Boland School of Dancing sal om 17:00 optree. Alan tree 18:15 op, Alan Garrity om 19:00, die Campbells om 19:40, Hugo en orkes om 20:50, Ray Dylan om 22:00 en Jackie Louw Band om 23:00. Saterdag 23 Februarie open die hekke om 10:00. Frank Petersen Musiekskool tree 11:00 op, Wingerdstories om 12:10, Alana om 13:30, Boulevard Blues Band om 14:30, Nadia om 16:10, Ronnie Appolis om 17:20, Wikus van der Merwe om 18:30, Shine 4 om 19:40, Kurt Darren om 20:50, Die Broers om 22:00 en Jackie Louw Band om 23:00. Daar sal weer twee verhoë wees. Op die dagverhoog, Saterdag onder dak, word plaaslike talent aan die publiek bekend gestel. Die middag sal stoepstories vertel word, gelei deur Leon Beukes van Maak ’n Las faam. Hierdie jaar word daar ook spesiaal voorsiening gemaak vir die kinders. Daar sal treintjies, swaaie en springkastele wees. Feesgangers moet nie bekommerd wees oor onderbrekings nie, kragopwekkers sal beskikbaar wees. Wyn- en kosstalletjies met tradisionele kos en ’n restaurant sal beskikbaar wees en nuwe wyne sal bekend gestel word. Kaartjies is R100 per dag vir volwassenes (kinders en studente R50 per dag). Kaartjies is beskikbaar by Computicket en Musiklood in die Paarl. Besoek die fees se webwerf www.paarlwingerdfees.co.za
More
News
|